
Wie is ons?
Welkom by AGS van SA Robertson Sentraal. Ons hoop dat julle al die nodige inligting op ons webtuiste sal vind. Kontak ons gerus as jy meer inligting benodig. Ons is ‘n pinksterkerk wat glo in God die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Dit is vir ons belangrik om ‘n geestelike tuiste te skep vir mense waarin hulle met die Heilige Gees kan ontmoet op ‘n tasbare wyse. Ons beskou die taak van dienste om mense toe te rus vir hulle dienswerk volgens Efesiërs 4:12. ‘Kentrikos’ is vertaling van sentraal. Die opdrag is om bymekaar te kom op ‘n sentrale plek om toegerus te word vir die dienswerk volgens elkeen se gawes in die gemeenskap. Ons harte is om die evangelie en goeie nuus uit te dra deur betrokke te wees. Om in te skakel beteken inkoop op ‘n Goddelike opdrag volgens Matteus 28:19-20, om uit te gaan en mense dissipels te maak. Ons wil sigbaar en betrokke wees in die gemeenskap om geleentheid te skep vir die Here om deur ons te werk. Betrokkenheid kan geskied d.m.v. diensbywoning, bediening, berading/ bevryding, aanbidding en inskakeling by groeigroepe om deel te vorm van die gemeenskap van die heiliges. So dra ons mekaar se laste en kom nader aan die volmaakte boodskap van ons Vader.
Ontmoet die span
Henco Brand
Past. Alex Oosthuizen
Past. Tristin du Preez
Selmarie van Deventer
Raak Betrokke?
MANNEBEDIENING
Jan-Willem Bruwer
082 829 7047
Herman Kitshoff
072 777 3618
VROUEBEDIENING
Miana Oosthuizen
082 827 6334
SENIORS
Hester Steyn
082 896 1050
Ansie Liebenberg
083 324 9135
GEBEDSBEDIENING
Kobus Meintjies
082 491 1678
Anet Meintjies
076 813 1042
LOF EN AANBIDDING
Riaan Verbeek
078 596 2720
Amalia Verbeek
084 589 5826
ANDER BEDIENINGE
Koster - Henco Brand
072 366 3758
Susterbiduur - Hanneline Human
082 950 9985
Bybelstudiegroep - Michealene Kitshoff
082 552 3624
KIDS & Youth
Youth - Chané Scheepers
066 218 6401
KIDS - Yolanda van Zyl
072 578 3369






